Gepubliseer in Afrikaans Hulp

Kreatiewe skryf: Wenke

Hierdie skryfstuk handel oor hoe om wenke te skryf. Dit bevat ook baie goeie wenke om sielkundig voor te berei vir ‘n voorbereide toespraak.

‘N VOORBEELD VAN HOE OM WENKE TE SKRYF:

NB. ONS SKRYF WENKE, PADAANWYSINGS EN INSTRUKSIES PUNTSGEWYS,  IN VOLSINNE EN IN DIE BEVELVORM(SONDER DIE UITROEPTEKEN.

HOE OM JOUSELF SIELKUNDIG VOOR TE BEREI VIR ‘N TOESPRAAK:

  1. Begin twee weke voor die tyd navors, skryf en oefen aan jou toespraak. As jy te min tyd het, gaan dit jou selfvertroue knou.
  2. Onthou dat die inhoud wat jy wil oordra belangriker is as wat die mense in die gehoor van jou gaan dink.
  3. Moet dus nie wonder wat die gehoor van jou gaan dink nie.
  4. Fokus slegs op die punt wat jy wil maak of dan die boodskap wat jy wil oordra.
  5. Dit is goed en reg dat jy bang voel. Dit bring die beste in jou na vore.
  6. Moenie teen jou vrees stry nie. Sê elke keer wat jy bang voel vir jouself dat jy mag bang wees. (Jy sal sien hoe jy sommer rustig raak.
  7. Doen intensiewe navorsing oor jou onderwerp. Dit sal jou soos ‘n kenner laat voel en jou selfvertroue verbeter om te praat.
  8. Oefen en oefen jou toespraak oor en oor. Elke keer wat jy jou toespraak oefen versterk jy jou selfvertroue.
  9. Oefen jou toespraak voor die spieël en kyk hoe jy staan, oogkontak maak of dalk hinderlik vroetel. Maak reg wat verkeerd is.
  10. As jy deeglik geoefen het moet jy iemand wat jy vertrou vra om te luister na jou toespraak. Oefen dit ‘n paar keer by hierdie persoon.

Skrywer:

Ek is 'n afgetrede Afrikaans Huistaal onderwyseres. Ek het 20 jaar vir seniors Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 10 jaar in HT. Ek het twee begaafde kinders van my eie, daarom die passie vir die onderrig van begaafde kinders. Die belangrikste aspek rondom die begaafde kind is dat dit nie die ouer of onderwyser moet intimideer nie. As u dink dat u nie bevoeg is om so 'n kind te help nie, is u totaal verkeerd. Hulle het ons leiding nodig om te vlieg. Hulle vlieg net vinniger as ander! Geniet dit om te sien hoe vinnig die proses is. Ons sukkel genoeg met ander wat nie eers belangstel om te probeer nie!

Een gedagte oor “Kreatiewe skryf: Wenke

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.