Gepubliseer in Afrikaans Hulp

Die beskrywende opstel – Deel III

Deel 3 van die bespreking van die beskrywende opstel.

(Gr. 10 – 12)

Die struktuur:

  1. Daar is ook ‘n begin, ‘n middel, ‘n hoogtepunt en ‘n einde in ‘n beskrywende opstel.
  • Beplan vir die volgende struktuur:
Paragraaf 1: Jy beskryf kortliks, maar baie treffend die tyd, plek, situasie/TPS (Ongeveer 3  – 4 sinne!!!)
Funksie? Jy plaas die leser onmiddelik in die situasie. Jy kry só dadelik die leser se aandag.  

Voorbeeld: ‘n Koue wind pluk aan my hare. Hy vra hoekom ek in die aand hier in my tuin rondsukkel. My kat is weg. Weg. Hy is nie in die beddings nie. Nie onder die struike nie. Hy is weg. Ek besef dit, maar ek bly soek!

Onthou
Jy skommel die TPS soos jy wil.  

In die volgende paragrawe moet jy leer om op ‘n georganiseerde manier te beskryf. Dit is baie, baie maklik!   Stel jou voor jy bekyk die toneel van onder na bo of van bo na onder. Dink jou in hoe jou oë die toneel stelselmatig volg.  
Paragraaf 2: Beskryf die dinge op grondvlak. (By my voete/op die grond/vloer/sand…)
Paragraaf 3: Beskryf dinge op jou vlak. (By my/langs my, voor my, aan my linkerkant…)
Paragraaf 4: Beskryf dinge daar ver op horisontale vlak. (Daar voor waar gras/see/bome en blou lug ontmoet/groet/sag aan mekaar raak/amper een word…
Paragraaf 5: Beskryf dinge in die lug.
Paragraaf 6: Beskryf die hoogtepunt (wat is die mooiste/beste/dit wat sal jy vir altyd onthou). Hier doen jy jou bes. Beskryf dit ten minste in sewe sinne.
Paragraaf 7: Hier sê jy dat jy besig is om die toneel te verlaat. Jy pak dus op, of groet of klim in jou kar…
Wat jy veral saamneem is hoe die toneel jou laat voel en tot watter insig jy gekom het. Beskryf hoe hierdie ervaring jou laat voel. daarna wat jy  nou besef/weet/sal onthou. (Ongeveer drie – vyf sinne)

Wenk: Skryf elke paragraaf EERS op rof. Dan bring jy veranderinge uit die volgende lys aan:

  • Sinne MOET wissel in lengte: Party sinne is drie woorde lank of een woord, sewe woorde of tien woorde lank.
  • Sintuiglike waarneming: Beskryf wat jy sien, hoor, ruik, op jou vel voel en selfs proe. Die sigsintuig (sien) sal natuurlik oorheers in jou opstel, maar bring so nou en dan ander sintuie ook in.
  •  Voorbeeld:
  • Gehoorsintuig: Die stilte om my praat met my. Sê vir my dat ek nou mag rustig word.
  • Interessante werkwoorde gee die leser ‘n meer realistiese beeld.
  • Gebruik personifikasie, vergelyking en metafoor!
  • Beskrywing van emosies is baie belangrik: stomgeslaan/oorweldig/verbaas/gefassineer/ ek voel klein/nederig/gering teenoor die skepping/see.
  • Beskrywing van insig, dit wat jy na ‘n beskrywing besef of nou weet gee baie kwaliteit aan jou opstel.
  • Betrek die leser deur retoriese vrae en ellips.

Voorbeelde:

Kan ‘n mens so gelukkig wees?

                  Hoe beskryf ‘n mens die see?

                  Dalk is dit nie vir my bedoel nie…

Taak:

 Skryf ‘n beskrywende opstel van 300 – 350 woorde oor een van die volgende onderwerpe/temas:

  • Die mooiste plek vir my.
  • As die familie saam rugbykyk, lag ek my slap.
  • Diep, diep in die see.
  • Ek was by die sirkus!
  • ‘n Familiebruilof!

 Vereistes:

Prosesskryf: Breinkaart, skryf opstel op rof, redigeer (leerder merk en korrigeer), finale opstel. Die merkers wil al hierdie prosesse sien!


 [SD1]

Skrywer:

Ek is 'n afgetrede Afrikaans Huistaal onderwyseres. Ek het 20 jaar vir seniors Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 10 jaar in HT. Ek het twee begaafde kinders van my eie, daarom die passie vir die onderrig van begaafde kinders. Die belangrikste aspek rondom die begaafde kind is dat dit nie die ouer of onderwyser moet intimideer nie. As u dink dat u nie bevoeg is om so 'n kind te help nie, is u totaal verkeerd. Hulle het ons leiding nodig om te vlieg. Hulle vlieg net vinniger as ander! Geniet dit om te sien hoe vinnig die proses is. Ons sukkel genoeg met ander wat nie eers belangstel om te probeer nie!

8 gedagtes oor “Die beskrywende opstel – Deel III

      1. Dit sal gaaf wees! Jy weet, die departement het op hierdie hoë punt (50) vir opstelle besluit, die opstelle vreeslik streng by merksentrums gemerk, maar geen leiding in die skryfkuns gegee nie! En onnies weet nie hoe nie. Vir baie jare is ons nie opgelei om kinders ordentlik te leer skryf nie. Wat erg is, is dat opstelle veroorsaak dat leerders nie onderskeidings kry nie! 💙

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap na sandreyerskryf.wordpress.com Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.