Gepubliseer in Begaafdheid

Karaktertrekke van begaafde kinders

Dit is noodsaaklik om begaafde kinders betyds te identifiseer, daarom fokus ek hier op die karaktertrekke van begaafde leerders.

Alle begaafde kinders is nie eenders nie, inteendeel, hulle verskil. Sommige van die karaktertrekke kan selfs onderontwikkeld wees. As ‘n leerder egter ‘n aantal van die karaktertrekke openbaar, is dit die moeite werd om ‘n IK-toets te doen. Veral as die leerders onderpresteer.

Hier volg ‘n aantal karaktertrekke, ingedeel onder kognitief, kreatief, affektief en gedrag:

Verstandelike vermoëns van begaafde kinders

Let asseblief daarop dat verskeie van hierdie karaktertrekke onderontwikkeld kan wees indien die ontwikkeling daarvan tydens vroeë kinderjare onderdruk is of indien daar nie aandag aan die ontwikkeling daarvan gegee is nie. soms sien mens dit raak in die opstelle wat die leerders skryf, of die antwoorde wat hulle gee as jy naby aan hulle belangstellingsveld beweeg.

Skeppende denke

  • kreatief en skeppend
  • vindingryk
  • gevorderde humorsin
  • fantaseer maklik
  • oop vir stimuli, wye belangstellingsveld
  • onafhanklike houding en sosiale gedrag (kan probleem wees)
  • aanvaar self en is nie noodwendig te vinde vir sosiale norme nie
  • radikalisme (soms)
  • estetiese en morele toegewydheid tot sake wat vir hulle van belang is.

Gevoelens en emosies

Optrede en gedrag kenmerkend aan begaafde kinders

  • spontaan
  • ongebonde entoesiasme
  • intens-gefokusde passies
  • buitengewone konsentrasie in areas waarin hulle belangstel
  • impulsief, gretig, en begeesterd
  • vra aanhoudende vrae
  • onversadigbaar nuuskierig

Naskrif: Ek, en ander opvoedkundiges, gaan gereeld artikels oor die begaafde kind skryf. Kliek op “follow” of blaai af en teken in om per e-pos verwittig te word wanneer nuwe artikels gepubliseer word. Kliek op die artikel as u daarvan hou, en blaai effens af om kommentaar te lewer as u wil bylas of vrae wil vra. Ons antwoord graag.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Karaktertrekke van begaafde kinders

  1. Laat weet asseblief dringend as jy rooi boodskap kry oor die webwerf. Facebook het dit verkeerdelik as phishing gemerk en antwoord nie op my e-posse nie. Ek vermoed iemand wat jaloers is, het so probeer keer dat hierdie webwerf bekendgestel word. Klik dan asseblief net op nie phishing nie om die probleem te help oplos.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.